Andre Retief

Goeie dag. Ek is gebore op 18 Desember 1977. Ek het my skoolloopbaan begin by Laerskool Ermelo in 1984 en het aan die Hoerskool Ben Viljoen, Groblersdal gematrikuleer in 1995. Na skool het ek 'n wye verskeidenheid beroepe beoefen en sodoende wonderlike werkondervindig opgedoen en ook fantastiese mense leer ken.

In 2010 betree ek die uitsaaiwereld by 'n gemeenskapsradiostasie in Middelburg,Mp, waarna ek in 2011 by Radio Kragbron aangesluit het. Vandag kan ek se dat ek baie gelukkig is om in hierdie beroep te staan en beskou dit as 'n voorreg.

Ek doen bemarking vir Radio Kragbron en saai uit op Maandae, Dinsdae en Vrydag aande 18:00 - 22:00 asook saterdae van 12:00 - 17:00. Ek is ook 'n eiendomsagent.

Ek sien uit daarna om goeie vriende te leer ken deur hierdie forum. Vir ontspanning lees ek graag, hou van fliek kyk, uiteet en my groot hobby is om cd's te koop.

Ek is single en miskien ontmoet ek iemand om my lewe mee te deel, maar dis nie vir my 'n prioriteit nie, omdat ek baie gelukkig is met my familie en vriende wat my lewe vul en baie vreugde verskaf.

Invite my gerus op facebook asook op bbm:2324AE12