Cindy Louwrens
Die oomblikke in die lewe wat ’n mens net nie wil vergeet nie.
My honde, my grootword jare op die plaas, goeie tye saam met familie en vriende, miskien met ’n glasie wyn.
My passie is om hierdie oomblikke verewig vas te vang!
Ek is in Bothaville, Vrystaat gebaseer en spesialiseer in Trou- en Leefstyl foto’s.
Ek fokus daarop op natuurlike foto’s te neem, asof daar geen fotograaf naby is nie, om die ware emosie van die oomblik vas te vang.
Ek het my Professionele Fotografie diploma verwerf by The Photography Institute, dit tesame met my agtergrond in Joernalistiek verseker dat elke foto ’n storie vertel.