Janene de Beer

Trauma Counsellor, Pastoral Counsellor, and Youth Worker in Potchefstroom, South Africa

Hi! Ek is Janene.

Onlangs was ek die berader van twee hoërskole en ‘n jeugwerker van ’n kerk in Brakpan. Jy kan my niks vertel van ingewikkelde en vreemde tieners nie pappie! LOL! I have seen it all!

Dit was daar in Brakpan waar ek oor en oor en weer en weer gesien het dat ons jongmense leiding van n vroeë ouderdom drasties benodig, sodat hul goeie keuses kan maak in die toekoms. En nee, dit is nie net Brakpan se kinders wie om hulp roep nie. Dwarsoor die wêreld word die hulproep van die jong generasie gehoor weens die drastiese afname in moraliteit en gedragsgesondheid.

My passie is om jongmense van Jesus te leer en ook dat die Bybel die “manual” van die lewe is. Ek “equipt” hul met aktuele geestelike, kognitiewe en emosionele toerusting om die uitdagings van die lewe mee aan te vat.

PRAKTIES! “That's what I'm all about!” EK gebruik praktiese oefeninge en praktiese informasie om die tienerbrein aan die werk te kry. Ek doen nie “boring” nie!

My droom is om die ou biblioteek van Brakpan in n jeugsentrum te verander, maar vir nou is ek in Potch, want dit is waar God my gesit het.

Groete, Janene de Beer.

  • Education
    • NWU Pukke, BA Bybel & Psigologie, Honns Teologie
    • Professor Wentzel Coetzer, Trauma Berading
    • USA, Fl, House of Hope, Troubled Teens Internship