Letitia van der Merwe

Letitia van der Merwe

Oorgewig en enkel lopend 'n groot deel van my jare het ek op 29 my trou man ontmoet. 9 Maande na die ontmoeting het hy die groot vraag gevra!

Soos elke meisie het ek gedroom van my wit rok maar ook om sprokies mooi en gemaklik te voel op my groot dag. Ek het besef dit is 'n lang pad van harde werk wat voorle om my droom waar te laat word in 'n tydperk van 'n jaar.

Ek het die paadjie begin stap op my eie. Dae van sweet, uitmis op koek wat bedien word by verjaarsdae, drankies wat afgewater word, dieët pille wat gedrink word, shakes vir aandete en blare vir lunch. My doel gewig was wel nie bereik vir my troue maar ek het fantasties gevoel op my trou dag met 'n totaal van 17kg af van my lyf af!

Nou 7 maande gelukkig getroud besef ek dat toekomstige bruide mekaar nodig het vir ondersteuning en advies. Hiermee gee ek vir jul Bruids Lyfie!

Bruids Lyfie streef om 'n gemeenskap te bou vir bruide wat advies soek oor dieëte & oefening.

Raak deel van die Bruids Lyfie familie en volg my om op hoogte te bly oor wenke vir gewigsverlies asook om saam te praat met mede bruide.